Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Dooie vlieë wat in ’n apteker se medisyne beland, kan dit alles laat sleg word sodat dit begin stink. So maak ’n dwase mens ook. Met net ’n bietjie dwaasheid kan hy ’n goeie naam deur die modder sleep.

2. Die wyse se pad loop op die roete van vreugde en geluk. Die dwaas se pad loop op die roete van ellende en ongeluk.

3. ’n Dwaas leef op so ’n manier dat almal sy dwaasheid agterkom.

4. As die regeerder hom vir jou vererg, moet jy nie jou goed vat en loop nie. Bly eerder kalm sodat die situasie nie vererger nie.

5. Daar is een slegte ding wat ek in die lewe gesien het en wat my bly hinder. En dit is iets wat magsfigure doen.

6. Hulle stel dwase mense in hoë posisies aan terwyl die ware kundiges vernederende werkies moet verrig.

7. Ek het slawe op perde gesien, terwyl vername mense soos ’n slaaf met hulle voete moes loop.

8. Wie ’n gat vir iemand anders grawe, kan self daarin val. Wie ’n muur afbreek, kan deur ’n slang gepik word.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10