Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:13-19 Die Boodskap (DB)

13. Dit was nie reg dat jy ook in Jerusalem moes ingaan op die dag toe die ramp hom getref het nie. Jy moes nie so ingenome toegekyk het toe die ongeluk hom tref nie. Jy moes nie ook sy goed gaan staan en steel het toe die onheil oor hom gekom het nie.

14. Jy moes nie by die plek gaan staan het waar die paaie kruis om dié dood te maak wat uit die stad uit weggekom het nie. Dit was verkeerd van jou om dié wat die aanval oorleef het aan die vyand uit te lewer.

15. Die dag waarop die Here met al die nasies sal afreken, is baie naby. Presies net soos jy met ander gemaak het, Edom, sal daar met jou gemaak word.Jy sal presies net so behandel word.

16. Soos julle by my tempel drank gedrink het, sal al die nasies my oordeel moet drink.Hulle sal alles moet opdrink tot daar niks meer van hulle oorbly nie.

17. My tempel op die berg Sion sal ’n plek word waarheen die mense vlug. Dit sal die plek wees wat vir My eenkant gesit is. Die nageslag van Jakob sal daar kom kry wat aan hulle behoort.

18. Die Here sê: Jakob se nageslag sal soos vuur wees en die huis van Josef soos ’n vlam wat brand. Esau se nageslag sal soos ’n stuk droë gras wees. Hulle sal hom verteer en hom wegbrand totdat daar van Edom nie ’n stukkie oor is nie. Die Here het so gesê.

19. Dié wat in Negev in die suide bly, sal die berge van Edom vir hulle vat. Dié wat in die kusvlakte teen die see bly, sal die land van die Filistyne oorneem. Ander sal die lande Efraim en Samaria vir hulle vat. Benjamin sal Gilead inpalm.

Lees volledige hoofstuk Obadja 1