Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:1-7 Die Boodskap (DB)

1. In die lente van die tweede jaar na die uittog uit Egipte, terwyl hulle nog in die Sinaiwoestyn was, het die Here met Moses gepraat. Hy het vir hom gesê:

2. “Die Israeliete moet die paasfees op die regte tyd en op die regte manier vier;

3. teen skemer op die dag wat Ek bepaal het aan die begin van die lente. Doen dit presies soos Ek voorskryf.”

4. Moses het toe die Israeliete beveel om die paasfees te vier.

5. Hulle het dit aan die begin van die lente daar in die Sinaiwoestyn op die vasgestelde dag gedoen.

6. Daar was egter ’n klomp mense wat nie aan die paasfees kon deelneem nie, aangesien hulle iemand moes begrawe en aan ’n lyk geraak het. Hulle kon daarom nie aan godsdienstige aktiwiteite deelneem nie. Hulle het toe met Moses en Aäron gaan praat en vir hulle gesê:

7. “Ons weet ons is onrein om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem, want ons moes aan ’n dooie vat. Maar hoekom keer dit ons om saam met die res van die Israeliete hierdie offer aan die Here te bring?”

Lees volledige hoofstuk Numeri 9