Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4:31-49 Die Boodskap (DB)

31. Hulle pligte is om die volgende voorwerpe te dra: die rame, die dwarslatte, die hoekpale asook die voetstukke van die tabernakel.

32. Verder moet hulle ook die hoekpale van die voorhof met hulle voetstukke, en ook al die penne, toue en ander toebehore dra. Maak ’n lys waarin sekere voorwerpe aan spesifieke persone toegeken word.

33. Die Merarigroep val onder die toesig van Aäron se seun Itamar.”

34-48. Soos die Here beveel het, het Moses, Aäron en die leiers van die volk die drie Levitiese families, Kehat, Gerson en Merari, getel. Hulle het dit gedoen volgens al die families. Hulle het toe al die mans tussen 30 en 50 jaar oud wat diens kon doen in die tent waar God gedien word, opgeskryf. Die getalle was soos volg: Kehat 2 750, Gerson 2 630 en Merari 3 200. Die groottotaal van al die mans tussen 30 en 50 was 8 580.

49. Soos die Here Moses beveel het, is hulle getel. Elke groep het ook ’n eie taak gekry om te doen.

Lees volledige hoofstuk Numeri 4