Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33:42-55 Die Boodskap (DB)

42. Van daar af het hulle by die volgende plekke kamp opgeslaan: Punon,

43. Obot,

44. Ije-Abarim aan die grens van Moab,

45. Dibon-Gad,

46. Almon-Diblatajim,

47. die Abarimberge regoor Nebo

48. en die Moabsvlakte langs die Jordaanrivier regoor Jerigo.

49. Daar langs die Jordaanrivier, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan.

50. Daar in die vlakte van Moab aan die oorkant van die Jordaanrivier regoor Jerigo het die Here vir Moses die volgende opdragte gegee:

51. “Sê vir die Israeliete: As julle oor die Jordaanrivier trek in die land Kanaän in,

52. moet julle al die inwoners van die land wegjaag. Julle moet al hulle uitgesnyde en gegote afgode vernietig en hulle offerplekke verwoes.

53. Neem die land in en gaan bly daar, want Ek gee dit vir julle.

54. Julle moet die land verdeel deur die stamme volgens hulle getalle te laat lootjies trek. Die groter stamme moet meer grond kry as die kleiner stamme. Hierdie verdeling is finaal. Die verskillende stamme moet elkeen op hulle eie grond bly.

55. Wees gewaarsku, as julle nie al die oorspronklike inwoners van hierdie gebied uit die land uit verdryf nie, gaan hulle vir julle groot probleme veroorsaak. Hulle sal net so irriterend wees soos ’n splinter in ’n mens se oog of ’n doring op ’n ongemaklike plek. Hulle sal julle in julle eie land aanval en teen julle oorlog maak.

Lees volledige hoofstuk Numeri 33