Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33:3-4-11 Die Boodskap (DB)

3-4. Die Israeliete het die oggend na die heel eerste paasfees vroeg in die lente van die stad Rameses in Egipte af weggetrek. Die Egiptenaars was nog besig om hulle kinders te begrawe wat in die groot wonderwerk wat die Here daar gedoen het, dood is. Hulle kon niks anders doen nie as om maar net te kyk hoe die Israeliete wegtrek. Die Here het hulle laat wegtrek, want met die laaste wonder het Hy finaal al die gode van Egipte op hulle plek gesit.

5. Van Rameses af is hulle Sukkot toe waar hulle kamp opgeslaan het.

6. Hulle het Sukkot verlaat en tot by Etam op die rand van die woestyn getrek en daar kamp opgeslaan.

7. Van Etam af is hulle terug na Pi-Hagirot toe, regoor Baäl-Sefon, waar hulle by Migdol kamp opgeslaan het.

8. Hulle het die omgewing van Pi-Hagirot verlaat en deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Na drie dae se trek deur die Etamwoestyn het hulle by Mara aangekom en daar oorgebly.

9. Van Mara af is hulle Elim toe. Daar was twaalf fonteine en 70 palmbome, en hulle het daar gekamp.

10. Van Elim af is hulle na die Rietsee toe waar hulle weer kamp opgeslaan het.

11. Hulle het die Rietsee verlaat en later in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.

Lees volledige hoofstuk Numeri 33