Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:11-15 Die Boodskap (DB)

11. “Op die eerste dag van die maand moet julle vir die Here die volgende brandoffer bring: twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.

12. Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, offer, saam met elke ram twee kilogram

13. en saam met elke lam een kilogram. Dit is ’n brandoffer wat met vuur verbrand word. Dit is vir die Here ’n offer waarvan Hy hou.

14. Die drankoffer wat hierby hoort, is twee liter wyn saam met elke bul, een en ’n half liter saam met die ram en een liter elk vir elke lam. Hierdie brandoffer moet elke maand van die jaar gebring word.

15. Bo en behalwe hierdie offer moet die daaglikse brandoffer met die drankoffer wat daarmee saamgaan, steeds gebring word. Op die eerste dag van die maand moet daar ook ’n bokram as ’n offer vir die volk se sondes vir die Here geoffer word.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 28