Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:4-19 Die Boodskap (DB)

4. Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.”

5. Moses het die saak aan die Here gestel,

6. en die Here het vir hom gesê:

7. “Selofgad se dogters is reg, jy moet vir hulle grond gee tussen hulle familie. Hulle moet die deel erf wat hulle pa sou kry.

8. Gaan sê ook vir die Israeliete: As iemand doodgaan sonder dat hy seuns het, behoort sy grond aan sy dogters.

9. As hy nie dogters het nie, moet die grond na sy broers toe gaan.

10. As hy nie broers het nie, moet die grond na sy ooms toe gaan aan sy pa se kant van die familie.

11. As sy pa nie broers gehad het nie, gaan die grond na sy naaste bloedfamilie toe. Hierdie reëling wat Ek vir Moses gegee het, geld vir altyd.”

12. Die Here het vir Moses gesê: “Klim die Abarimberg uit tot bo. Gaan staan daar en kyk na die land wat Ek vir die Israeliete gaan gee.

13. As jy die land gesien het, sal jy ook doodgaan net soos jou broer, Aäron,

14. want julle twee het mos nie na My geluister daar by Meriba in die Sinwoestyn nie. Dit was mos daar naby Kades dat die volk met julle baklei het, en julle julle teen My verset het.”

15. Toe sê Moses vir die Here:

16-17. “Here, U is die God van almal wat lewe. Ek pleit by U, stel tog net ’n leier aan oor dié klomp mense om hulle in die nuwe land in te lei en hulle te help as hulle moet veg. Anders sal hulle soos ’n trop skape sonder ’n herder wees.”

18. Toe sê die Here vir Moses: “Laat Josua die seun van Nun na jou toe kom, want Ek het hom toegerus om hierdie werk te kan doen. Sit jou hande op sy kop

19. en laat Eleasar en die hele volk hiernatoe kom sodat hulle dit kan sien. Sê dan daar voor hulle almal vir hom wat sy taak gaan wees, en stel hom as jou opvolger en as die volk se nuwe leier aan.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27