Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Hoe mooi lyk julle tente, Jakob, en hoe pragtig is julle kampplek, Israel.

6. Dit lyk soos lanings palmbome, soos ’n tuin langs ’n rivier. Soos rye aalwyne wat deur die Here geplant is of sederbome wat by waterryke plekke groei.

7. “Hulle het reën in oorvloed, daar is oorgenoeg water vir gesaaides. Hulle koning is belangriker as Agag en sy koninkryk sal oral bekend wees.

8. “God het hulle uit Egipte uit laat trek en Hy veg vir hulle met sy reusekrag wat g’n gelyke het nie. Die Israeliete vee hulle vyande voor hulle weg en breek hulle bene en hulle pyle in stukkies.

9. Israel is soos ’n leeu wat gaan lê het om te rus. Wie waag dit om so ’n leeu op te jaag? Gelukkig is elkeen wat jou seën, o Israel, en vervloek is elkeen wat jou vervloek! Die Here sal hulle straf.”

10. Teen dié tyd was Balak al woedend vir Bileam. Hy het sy vuiste in die lug voor hom geswaai en gesê: “Wat dink jy doen jy? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou al drie keer na mekaar geseën!

Lees volledige hoofstuk Numeri 24