Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:24-32 Die Boodskap (DB)

24. aangesien Ek die tiendes wat die volk vir My gebring het, vir hulle gee. Dit is hoekom Ek vir hulle sê dat hulle nie ’n deel van die land kry, soos die ander Israeliete nie.”

25. Die Here het vir Moses gesê:

26. “Sê vir die Leviete: Van die tiendes wat hulle van die Israeliete gekry het, moet hulle weer vir My ’n tiende daarvan as spesiale offer vir die Here gee.

27. Die Here sal dit beskou asof dit die eerste koring van julle eie land of die eerste wyn van julle wynperse af is.

28. Die een tiende van die tiendes wat julle van die Israeliete gekry het, moet julle vir Aäron as sy deel gee. Dit is my manier om vir hom te sorg.

29. Maak seker dat julle net die beste van wat julle kry, vir die Here opsy sit.

30. “Sê ook vir die Leviete: As julle die beste deel bring, sal dit gesien word as julle offer van julle dorsvloer of julle wynpers af.

31. Julle mag die deel wat oorbly, op enige plek saam met julle gesinne eet, want dit is die Here se beloning vir die werk wat julle in die tent doen daar waar Hy aanbid word.

32. So lank as wat julle die beste deel van wat die Israeliete gebring het, vir die Here opsy sit, mag julle die res eet sonder om bang te wees dat julle iets verkeerds doen. Maak net seker dat julle eers die beste deel van die offers vir die Here opsy sit voordat julle die res eet. As julle dit nie doen nie, sal julle doodgemaak word omdat julle iets geëet het wat net aan die Here behoort.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 18