Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 13:1-2-15 Die Boodskap (DB)

1-2. Die Here sê toe vir Moses: “Kies nou ’n leier uit elkeen van die twaalf stamme en stuur die twaalf om die land Kanaän ongemerk te gaan deurkyk, want dit is die land wat Ek vir die Israeliete gaan gee om in te bly.”

3. Moses het toe die volgende leiers daar uit die Paranwoestyn Kanaän toe gestuur:

4. Sammua, die seun van Sakkur uit die stam van Ruben

5. Safat, die seun van Gori uit die stam van Simeon

6. Kaleb, die seun van Jefunne uit die stam van Juda

7. Jigal, die seun van Josef uit die stam van Issaskar

8. Hosea, die seun van Nun uit die stam van Efraim

9. Salti, die seun van Rafu uit die stam van Benjamin

10. Gaddiël, die seun van Sodi uit die stam van Sebulon

11. Gaddi, die seun van Susi uit die stam van Manasse, ’n Josefstam

12. Ammiël, die seun van Gemalli uit die stam van Dan

13. Setur, die seun van Migael uit die stam van Aser

14. Nagbi, die seun van Wofsi uit die stam van Naftali

15. Geüel, die seun van Maki uit die stam van Gad

Lees volledige hoofstuk Numeri 13