Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:69-73 Die Boodskap (DB)

69. Daar was boonop 435 kamele en 6 720 donkies.”

70. Sommige van die hoofde van die families het bydraes gegee vir die koste verbonde aan die herstelwerk. Die goewerneur het 8,5 kilogram goud, 50 seremoniële waskomme en 530 stelle priesterklere geskenk.

71. Van die ander familiehoofde het 168 kilogram goud en 1 250 kilogram silwer bygedra.

72. Die res van die mense het 168 kilogram goud, 140 kilogram silwer en 67 stelle priesterklere geskenk.

73. Die priesters, die Leviete, die hekwagte, die sangers, ’n deel van die volk en die tempelwerkers het weer in die stede gaan bly waar hulle vroeër vandaan gekom het. Om die waarheid te sê, die hele Israel het dit gedoen.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7