Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:56-69 Die Boodskap (DB)

56. Nesiag en Gatifa.

57. “Afstammelinge van die werkers van Salomo, saam met hulle families, was: Sotai, Soferet, Peruda,

58. Jala, Darkon, Giddel,

59. Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon.

60. Die totaal van al die tempelwerkers en die nakomelinge van Salomo se amptenare was 392.

61. “Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle families en voorouers kon bewys dat hulle van Israelitiese afkoms was nie.

62. Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 642.

63. Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dit is Barsillai wat getroud is met ’n dogter van Barsillai die Gileadiet en toe na hom vernoem is.

64. Hierdie mense kon ongelukkig nie bewys dat hulle name in die registers opgeneem is nie; daarom is hulle nie toegelaat om in die tempel diens te doen as priesters nie.

65. Die goewerneur wou hulle nie eens toelaat om van die offervleis wat vir die priesters uitgehou word te eet voordat daar ’n priester gekom het wat God se wil kon bekendmaak nie.

66. “Die totaal van die groep mense wat teruggekom het, was 42 360 mense,

67. dit is nou bo en behalwe al hulle slawe, mans en vroue, wat altesaam 7 337 mense was.

68. Verder was daar ook nog die musikante, mans en vroue, en hulle was 245.

69. Daar was boonop 435 kamele en 6 720 donkies.”

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7