Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:19-24 Die Boodskap (DB)

19. Akkub, Talmon en hulle assistente wat by die hekke waggehou het, was altesaam 172.

20. Die res van Israel en die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda op hulle familiegrond gebly.

21. Die tempelwerkers het op die Ofelheuwel gebly. Hulle het onder die toesig van Siga en Gispa gewerk.

22. Die leier van die Leviete in Jerusalem was Ussi die seun van Bani, die seun van Gasabja, die seun van Mattanja, die seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wie se familie verantwoordelik was vir die musiek tydens die tempeldienste.

23. Daar was sekere koninklike reëls wat bepaal het wat hulle daagliks moes doen.

24. Petagja die seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag die seun van Juda, het die volk in die Persiese hof verteenwoordig.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11