Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 1:8-11 Die Boodskap (DB)

8. “Dink asseblief aan wat U vir Moses gesê het: ‘As julle die rug vir My draai, sal Ek julle onder vreemde volke verstrooi.

9. Maar as julle terugkeer na My toe en doen wat Ek van julle vra, sal Ek julle weer bymekaarmaak, ook al is julle oor die hele aarde verstrooi. Ek sal julle terugbring na dié plek toe waar Ek gekies het om aanbid te word.’

10. “Die Israeliete is tog u dienaars, u eie volk, wat U met u groot mag en krag verlos het.

11. Here, hoor tog my gebed! Hoor ook die gebede van al die mense vir wie dit ’n vreugde is om U te dien en te eer. Help my met wat ek vandag wil doen; laat die koning my goedgesind wees as ek na hom toe gaan met dit wat ek hom wil vra.” In daardie stadium was dit my werk om die koning se wyn in te gooi.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 1