Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:22-29 Die Boodskap (DB)

22. Aäron se seuns wat na hom aangestel word, moet dieselfde offers bring. Die Here het dit vasgestel en dit mag nie verander word nie. Die offer moet heeltemal verbrand word.

23. Elke offer uit die graan wat die dienaar vir die Here bring, moet heeltemal verbrand word. Daar mag ook niks daarvan geëet word nie.”

24. Die Here het ook nog verder vir Moses gesê

25. dat hy die volgende aanwysings vir Aäron en sy seuns moet gee vir offers wat vir oortredings gebring word: “Die offer vir oortredings moet op dieselfde plek gebring word waar die offers geslag en vir die Here verbrand word. Dit is spesiale offers wat net vir die Here gegee word.

26. Die dienaar wat die offer vir die sonde bring, mag wel daarvan eet. Hy moet dit in die binnehof van die tent van ontmoeting eet.

27. Elkeen wat met die vleis van die offer werk, moet in diens van die Here staan. As daar miskien van die offer se bloed op iemand se klere spat, moet hy die klere daar by die tent met water was.

28. As die vleis van die offer in ’n kleipot gaargemaak word, moet die pot daarna stukkend gebreek word. As dit in ’n koperpot gekook word, moet die pot daarna uitgeskuur word en met water uitgespoel word.

29. Al die mans wat by die tent werk, mag van die vleis eet. Dit is geheel en al afgesonder vir die dienswerk by die tent van die Here.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6