Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Die dienaars uit Aäron se familie sorg dat daar ’n vuur op die altaar brand. Hulle hou dit aan die brand en pak elke keer weer hout op die vuur.

8. Hulle pak die stukke vleis wat die man opgesny het saam met die kop en niervet bo-op die hout op die altaar.

9. Die man was dan met water ook die binnegoed van die dier en sy pote af. Die dienaar vat dit alles en hy verbrand dit op die altaar. Dit word dan ’n brandoffer genoem. Alles van die dier word met vuur verbrand om die Here te plesier.

10. “As die dier wat hy vir die Here bring, uit sy vee kom, moet dit ’n ram wees sonder foute. Dit kan uit die skape of die bokke kom. Dit moet heeltemal met vuur verbrand word.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1