Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Die persoon sny dit keelaf daar voor die Here aan die linkerkant van die offerplek. Die dienaars uit Aäron se familie vat van die bloed van die ram en sprinkel dit reg rondom teen die kante van die offerplek.

12. Die persoon wat die dier gebring het, sny dit dan in stukke op. Die dienaar wat by die tent werk, pak die kop van die dier en sy niervet bo-op die hout wat op die altaar brand.

13. Die persoon was ook die dier se binnegoed en sy pote met water af. Die dienaars verbrand dit ook op die altaar. Dit bly alles op die altaar totdat dit weggebrand het. Dit word ’n vuuroffer genoem. Die Here hou baie daarvan wanneer dit vir Hom gebring word.

14. “As iemand vir die Here ’n voël bring om op die altaar te verbrand, kan dit ’n tortelduif of enige ander duif wees wat hy kom offer.

15. Die dienaar wat by die tent werk, bring die voël na die offerplek toe. Hy draai die duif se nek om. Hy verbrand dit op die altaar. Hy druk die bloed van die duif teen die kant van die offerplek uit.

16. Hy sny ook die krop en die ingewande van die duif uit. Hy gooi dit weg aan die regterkant van die offerplek waar die uitgebrande as en vet lê. Daarna skeur hy die voël aan sy vlerke oop sonder om dit heeltemal uitmekaar te skeur. Die persoon wat by die tent werk, verbrand dan die duif in die vuur op die altaar. Dit word ook beskou as ’n brandoffer, ’n vuuroffer, waarvan die Here baie hou.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1