Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Die Here was by die tent waar Hy sy volk ontmoet. Hy het Moses toe nader geroep en vir hom gesê:

2. “Jy moet met die Israeliete gaan praat. Sê vir hulle: Wanneer een van julle iets vir die Here bring, kan dit uit julle beeste of uit julle kleinvee kom.

3. “As dit uit die beeste kom en dit is bedoel om heeltemal verbrand te word, moet dit ’n manlike dier sonder enige liggaamsgebrek wees. Die persoon bring die dier na die ingang van die tent van ontmoeting toe. Hy bring dit vir die Here sodat die Here van hom kan hou.

4. Hy sit sy hand op die dier se kop. Daarmee wys hy dat dit sy geskenk vir God is wat vir hom vrede moet maak by God.

5. Hy sny dan die bul keelaf daar voor die Here. Die dienaars uit Aäron se familie vang die bul se bloed op en spat daarvan aan elke kant van die offerplek wat daar by die ingang van die tent staan.

6. Die persoon slag die vel van die offerdier af en hy sny die dier in stukke op.

7. Die dienaars uit Aäron se familie sorg dat daar ’n vuur op die altaar brand. Hulle hou dit aan die brand en pak elke keer weer hout op die vuur.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1