Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Ai tog! Die goud wat so geblink het, het dof geword. Die klippe waarmee die tempel gebou was, lê gestrooi oor die strate.

2. Die mense wat in Sion bly, was vroeër gereken asof hulle net soveel werd was as goud. Nou word daar gemaak asof hulle niks beter is as die kleipotte wat die pottebakker maak nie.

3. ’n Jakkalswyfie laat haar kleintjies drink. Maar die vroue van my volk het so wreed geword soos die volstruise in die woestyn wat hulle kleintjies weggooi.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4