Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:4-7 Die Boodskap (DB)

4. Die families van Josef se seuns, Manasse en Efraim, het hierdie gebied gekry.

5. Efraim se stamgebied het gestrek vanaf Atrot-Addar in die ooste tot by Bet-Goron-Bo

6. en van daar af tot by die Middellandse See. Van Mikmetat af in die noorde swaai die grens ooswaarts verby Taänat-Silo na Janoag in die ooste toe.

7. Van Janoag af draai dit suid in die rigting van Atarot en Naära en dan teen Jerigo verby tot by die Jordaan.

Lees volledige hoofstuk Josua 16