Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:5-18 Die Boodskap (DB)

5. die gebied van die Gebaliete; asook die hele Libanon aan die oostekant, van Baäl-Gad suid van die Hermonberg af tot by Lemo-Hamat.

6-7. Dit sluit ook die hoër bergagtige gebiede van die Libanon af tot by Misrefot-Majim in. Ek sal al hierdie mense uit hulle gebiede wegdryf sodat die Israeliete daar kan gaan bly. Wat jy moet doen, is om te sorg dat die hele land onder die halwe Manassestam en die ander nege oorblywende stamme verdeel word volgens my opdrag aan jou.

8. Moses die Here se dienaar het reeds vir die stamme van Ruben, Gad en die ander helfte van die Manassestam hulle deel van die land aan die oostekant van die Jordaan gegee.

9. Hulle gebied het gestrek vanaf Aroër die stad in die middel van die vallei op die oewer van die Arnonrivier en het ook die platorand van Medeba af tot by Dibon ingesluit.

10. Dit het verder gestrek tot by die grens van die Amoriete en het al die stede van die Amoritiese koning, Sihon, wat in Gesbon regeer het, ingesluit.

11. Ook Gilead, met die gebiede Gesur en Maäka, die hele berg Hermon, asook die hele Basan tot so ver as Salka.

12. Dit het ook die koninkryk van koning Og van Basan, wat in Astarot en Edreï regeer het, ingesluit. Hy was die laaste van die Refaïete wat Moses nog verslaan en verdryf het.

13. Die Israeliete het egter nie die mense van Gesur en Maäka uit die gebied uit verdryf nie, en daarom het hulle saam met hulle daar gebly.

14. Net die stam van Levi het nie ’n eie grondgebied gekry nie. Hulle erfdeel was, soos die Here beloof het, ’n deel van die offers wat op die altaar aan die Here, die God van Israel, geoffer is.

15. Aan die families in die stam van Ruben het Moses die volgende gebiede toegeken:

16. van Aroër, die stad in die middel van die vallei op die oewer van die Arnonrivier, af tot by die platorand van Medeba.

17. Ook Gesbon en die ander stede op die platorand: Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,

18. Jahas, Kedemot, Mefaä,

Lees volledige hoofstuk Josua 13