Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:18-33 Die Boodskap (DB)

18. Jahas, Kedemot, Mefaä,

19. Kirjatajim, Sibma, Seret-Sagar op die berg in die vallei,

20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.

21. Hierdie gebied het al die stede op die platorand ingesluit, asook die hele koninkryk van koning Sihon. Hy was die Amoritiese koning wat in Gesbon regeer het en wat saam met die leiers van Midian Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba deur Moses verslaan is.

22. Die Israeliete het ook die waarsêer Bileam die seun van Beor doodgemaak.

23. Die wesgrens van Ruben se grondgebied was die Jordaan. Al die dorpe en stede in hierdie gebied was die erfdeel van die families van die stam van Ruben.

24. Aan die families van die stam van Gad het Moses die volgende gebied toegeken:

25. Jaser en al die stede van Gilead, die helfte van die Ammoniete se gebied tot by Aroër net suidwes van Rabba;

26. van Gesbon af tot by Ramat-Hammispe en Betonim en van Maganajim af tot by die grens van Lo-Debar.

27. In die Jordaanvallei het dit Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon, ingesluit asook die res van die koninkryk van koning Sihon van Gesbon. Die westelike grens van hulle gebied was die Jordaan, tot so ver noord as die See van Gennesaret.

28. Al die dorpe en stede in hierdie gebied was die erfdeel van die families van die stam van Gad.

29. Moses het die volgende gebied aan die een helfte van die stam van Manasse toegeken:

30. van Maganajim af, wat die hele gebied van Basan insluit, asook die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al 60 die tentdorpe van Jaïr in Basan.

31. Ook die helfte van Gilead en koning Og se koninklike hoofstede in Basan, naamlik Astarot en Edreï. Dit is die gebied wat die een helfte van die nageslag van Makir seun van Manasse, gekry het.

32. Dit is hoe Moses die gebied aan die oostekant van die Jordaan, oos van Jerigo, verdeel het terwyl hulle op die vlakte van Moab gekamp het.

33. Die stam van Levi het nie grond as ’n erfporsie gekry nie. Die Here, die God van Israel, sou vir hulle sorg uit dit wat aan Hom behoort het.

Lees volledige hoofstuk Josua 13