Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 4:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Jona was baie ontevrede omdat die Here van plan verander het. Hy het baie kwaad geword vir die Here.

2. Hy het toe só vir die Here gesê: “Ag genade tog, Here, is dit nie presies wat ek vir myself gesê het toe ek nog by die huis was nie? Is dit nie hoekom ek aan die begin maar liewer na Tarsis toe wou vlug nie? Ek het voor my siel geweet U is die God wat mense vergewe en hulle jammer kry. U is geduldig met hulle en gee vir hulle om. U kry altyd later spyt as U besluit het om hulle te verwoes.

3. Laat my tog nou maar liewer doodgaan, Here. Dit is beter as ek nie verder bly lewe nie.”

Lees volledige hoofstuk Jona 4