Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:12-17 Die Boodskap (DB)

12. “Julle moet my in die see gooi,” sê Jona, “dan sal die see weer kalm word. Ek besef nou dat ek die oorsaak is dat julle in hierdie storm beland het.”

13. Die matrose het eers land toe probeer roei. Hulle kon dit nie regkry nie, want die see was te rof.

14. Hulle het toe tot die Here begin bid: “Here, moet ons asseblief nie oor hierdie man laat doodgaan nie. Ons is jammer as ons hom nou onskuldig in die see gaan gooi, maar U moet maar met hom laat gebeur wat U goeddink.”

15. Hulle het toe vir Jona gevat, hom oor die kant van die skip gelig en hom in die see gesmyt. Die storm op die see het dadelik bedaar.

16. Dit het die matrose baie groot respek vir die Here gegee. Hulle het net daar ’n offer vir Hom gebring en belowe dat hulle Hom voortaan sal aanbid.

17. Die Here het ’n groot vis gestuur om Jona in te sluk. Jona was drie dae lank binne-in die vis.

Lees volledige hoofstuk Jona 1