Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8:15-22 Die Boodskap (DB)

15. Hulle lê teen die spinnerak, maar dit gee pad. Dit help nie eens om dit te probeer vasgryp nie. Hulle vertrou op vals dinge.

16. Hulle is soos ’n plant wat goed groei in die son. Die wortels van die plant sprei oor die hele tuin uit.

17. Die wortels boor tussen die klippe en rotse in sodat dit goed kan vashou.

18. Maar as hierdie plant uitgetrek word, sal niemand eens onthou dat daar so ’n plant was nie.

19. Die enigste blydskap wat mense het wat hulle nie aan God steur nie, is dat ander ná hulle in hulle plek sal kom.”

20. Verder sê Bildad: “Die Here sal nie onskuldige mense wegstoot nie. Maar Hy sal beslis nie kwaaddoeners help nie.

21. Job, Hy sal jou weer laat lag en uitroep van blydskap.

22. Hy sal die mense wat jou haat in die skande laat kom. Daar sal niks van hierdie slegte mense se blyplekke oorbly nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 8