Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42:9-15 Die Boodskap (DB)

9. Elifas, Bildad en Sofar het gedoen wat die Here gesê het hulle moet doen. Die Here het toe na Job se gebed geluister.

10. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here sy omstandighede verander. Die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy vroeër gehad het.

11. Job se familie en vriende het na sy huis toe gekom en hulle het saam met hom geëet. Hulle het vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor alles wat die Here hom laat deurmaak het. Hulle het hom getroos en moed kom inpraat. Hulle het ook elkeen vir hom presente gebring. Hulle het vir hom geld en goue ringe gegee.

12. Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies.

13. Hy het ook weer vir Job sewe seuns en drie dogters gegee.

14. Hy het die eerste dogter Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde een Keren-Puk.

15. Job se drie dogters was die mooiste van al die vroue in die hele land. Hulle sou net soos hulle broers erf die dag as hulle pa doodgaan.

Lees volledige hoofstuk Job 42