Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:15-28 Die Boodskap (DB)

15. Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel.

16. Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê.

18. Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig.

19. Wie sien kans om hom reg van voor aan te pak? Niemand is dapper genoeg om ’n ring in sy neus te sit en hom weg te lei nie.”

20. Die Here het verder vir Job gevra: “Job, sal jy ’n draak met ’n hoek of met ’n tou om sy bek kan vang?

21. Kan jy ’n tou deur sy snoet sit of ’n haak deur sy kakebeen steek?

22. Sal hy jou soebat om sag met hom te werk of jou mooi vra om hom uit te los?

23. Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak om vir altyd vir jou te werk?

24. Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters?

25. Sal daar handelaars wees wat oor hom bie?“Sal hulle hom onder mekaar probeer verkoop?

26. Kan jy met harpoene deur sy vel skiet of met spiese deur sy kop steek?

27. As jy hom kaalhand probeer aanpak, sal jy die geveg tussen julle nooit vergeet nie. Ek verseker jou, jy sal dit nooit weer probeer doen nie.

28. “Nee, niemand het ’n kans om die draak te vang nie. As jy hom sien, sak jou moed al in jou skoene.

Lees volledige hoofstuk Job 40