Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:12-18 Die Boodskap (DB)

12. Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg.

13. Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe.

14. Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan.

15. Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel.

16. Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê.

18. Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig.

Lees volledige hoofstuk Job 40