Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:1-18 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het Job toe uit ’n storm geantwoord en gesê:

2. “Maak jou reg en wees sterk, Ek het ’n paar vrae wat Ek jou wil vra. Ek soek antwoorde.

3. Wil jy sê wat Ek oor jou besluit het, is nie reg nie? Wil jy bewys Ek is skuldig sodat jy kan sê jy is reg?

4. Dink jy jy is net so sterk soos Ek? Kan jou stem uit die donderweer dreun soos Myne?

5. Tree op met trots en wees eerlik. Jy moet goed voel oor jouself.

6. Raak van al die woede in jou ontslae. As jy iemand sien wat hoogmoedig is, bring hom af aarde toe.

7. Jy moet die hoogmoedige mense wat jy sien, verneder. En mense wat verkeerde dinge doen, vernietig hulle daar en dan.

8. Begrawe hulle almal in die grond en bind hulle vas in die graf.

9. As jy dit kan doen, sal Ek erken dat jy die krag het om jouself te kan red.”

10. Die Here het verder gesê: “Kyk na die seekoei: Ek het die seekoei gemaak net soos Ek jou ook gemaak het. Hy eet gras soos ’n bees.

11. Hy het baie krag in sy lyf en sy maagspiere is baie sterk.

12. Sy stert is so reguit soos ’n sederboom en sy boudspiere is styf saamgevleg.

13. Sy bene is so hard soos koperpype en sy ledemate soos ysterstawe.

14. Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan.

15. Die beste plek vir hom om sy kos te kry, is in die berge. Hy wei daar waar die ander diere van die veld speel.

16. Hy lê graag onder die waterplante, weggesteek tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante en die wilgerbome om hom steek hom weg waar hy in die water van die rivier lê.

18. Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig.

Lees volledige hoofstuk Job 40