Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:5-12 Die Boodskap (DB)

5. Want Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God keer dat ek reg behandel word.

6. Al is ek onskuldig, noem mense my ’n leuenaar. Ek sit met ’n ongeneeslike siekte en ek het niks eens verkeerd gedoen nie.’

7. “Hierdie Job is darem vir jou arrogant. Hy beledig die Here net so maklik soos hy water sou drink.

8. ’n Mens kry hom in die geselskap van mense wat verkeerde dinge doen. Die kwaaddoeners is sy vriende.

9. Hy het selfs gesê ’n mens mors jou tyd om God te probeer gelukkig hou.”

10. Elihu het verder gegaan en gesê: “Almal van julle wat verstandig is, luister na my. Julle weet, God doen nooit slegte en verkeerde dinge nie.

11. Hy betaal elkeen volgens wat hy gedoen het. Jy sal kry wat jy verdien.

12. Wat waar is, is dit: God doen nie verkeerd nie. Hy is ook nie onregverdig nie.

Lees volledige hoofstuk Job 34