Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:33-37 Die Boodskap (DB)

33. “Jy weier nou om te erken dat jy skuldig is, Job. Sê my, moet God nou sy straf verander omdat jy nie met Hom saamstem nie? Job, jy moet maar self hieroor besluit, nie ek nie. Sê gerus vir ons wat jy weet!

34. Mense wat verstandig is en insig het en hoor wat ek sê, stem met my saam

35. as ek sê: ‘Job, jy weet nie wat jy praat nie. Wat jy sê, maak nie sin nie.’

36. Job, jy moet op die moeilikste manier moontlik getoets word, want jy praat soos iemand wat niks van God dink nie.

37. By al die ander dinge wat jy verkeerd gedoen het, kom jou opstand teen God nou ook nog by. Met jou houding tart jy die Here. Jy hou net aan om God te kritiseer.”

Lees volledige hoofstuk Job 34