Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:3-11 Die Boodskap (DB)

3. ’n Mens proe gewoonlik aan kos om die smaak te toets. Daarom moet ’n mens mooi luister en toets wat ander sê.

4. Ons moet elkeen probeer uitvind wat reg is en dan besluit ons saam wat die beste is.

5. Want Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God keer dat ek reg behandel word.

6. Al is ek onskuldig, noem mense my ’n leuenaar. Ek sit met ’n ongeneeslike siekte en ek het niks eens verkeerd gedoen nie.’

7. “Hierdie Job is darem vir jou arrogant. Hy beledig die Here net so maklik soos hy water sou drink.

8. ’n Mens kry hom in die geselskap van mense wat verkeerde dinge doen. Die kwaaddoeners is sy vriende.

9. Hy het selfs gesê ’n mens mors jou tyd om God te probeer gelukkig hou.”

10. Elihu het verder gegaan en gesê: “Almal van julle wat verstandig is, luister na my. Julle weet, God doen nooit slegte en verkeerde dinge nie.

11. Hy betaal elkeen volgens wat hy gedoen het. Jy sal kry wat jy verdien.

Lees volledige hoofstuk Job 34