Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33:27-33 Die Boodskap (DB)

27. Hy sal vir die mense vertel: ‘Ek het verkeerde dinge gedoen. Ek het my nie gesteur aan wat reg is nie, maar dit het my niks in die sak gebring nie. Dit was nie die moeite werd om so te leef nie.

28. Maar God het gesorg dat ek nie in die dood beland het nie. Hy het my losgekoop. Nou lewe ek en kan ek die lig geniet.’

29. “Dit is wat God vir mense doen. Hy doen dit selfs twee of drie keer vir hulle.

30. Hy bring mense uit die dood terug sodat hulle weer in die lig kan leef. Hulle is mense wat bly is oor die lewe.

31. Gee ’n bietjie aandag, Job! Jy kan gerus na my luister. Bly ’n slag stil as ek praat.

32. Maar as jy nog iets te sê het, sê dit vir my. Ek sal graag vir jou wil sê waar ek dink dat jy reg is.

33. Maar andersins, luister na my! Bly stil sodat ek jou kan leer wat wysheid is.”

Lees volledige hoofstuk Job 33