Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33:21-27 Die Boodskap (DB)

21. Op die ou einde is hulle net vel en been, so maer is hulle.

22. So beland hulle op die randjie van die graf, amper op die laaste van hulle lewe.

23. “Daar is duisende spesiale boodskappers in die hemel. Hulle praat baiekeer namens ’n mens met God. As een van hulle net vir ’n mens kan wys wat reg is,

24. sal God nie hard met so iemand werk nie. Hy sal sê: ‘Red hom dat hy nie doodgaan nie, want daar is ’n losprys vir sy lewe betaal.’

25. Dan sal sy liggaam weer fris en sterk voel soos toe hy jonk was.

26. As hy bid, sal God hom antwoord. Hy sal die Here met groot blydskap aanbid. God sal weer die verhouding tussen hulle regmaak.

27. Hy sal vir die mense vertel: ‘Ek het verkeerde dinge gedoen. Ek het my nie gesteur aan wat reg is nie, maar dit het my niks in die sak gebring nie. Dit was nie die moeite werd om so te leef nie.

Lees volledige hoofstuk Job 33