Ou Testament

Nuwe Testament

Job 33:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Elihu het vir Job gesê: “Job, ek wil graag hê jy moet luister na wat ek te sê het.

2. Ek is reg om te begin praat.

3. Ek gaan reguit en eerlik sê wat ek weet.

4. God se Gees het my gemaak en Hy gee my lewe.

5. Job, ek wil jou uitdaag om my te antwoord as jy kan. Maak jou reg om jouself te verdedig.

6. “Voor God is ek en jy gelyk. Ek is ook maar net uit klei gemaak.

7. Jy hoef nie vir my bang te wees nie. Ek sal dit nie vir jou te moeilik maak nie.

8. Ek het elke woord gehoor wat jy gesê het.

9. Jy het gesê: ‘Ek voel nie skuldig nie, want ek het nie oortree nie. Ek is onskuldig, ek het niks verkeerds gedoen nie.

10. Maar dit is God wat met my foutvind. Hy maak of ek sy vyand is.

11. Hy sit boeie aan my voete. Ek is soos ’n iemand in die tronk. Hy hou elke beweging van my dop.’”

Lees volledige hoofstuk Job 33