Ou Testament

Nuwe Testament

Job 32:3-13 Die Boodskap (DB)

3. Hy was ook kwaad vir Job se vriende omdat hulle Job nie kon oortuig het dat hy verkeerd is nie. Deur hom nie te oortuig nie, het hulle dit laat lyk of God verkeerd gedoen het en nie Job nie.

4. Elihu het eers gewag voordat hy met Job gepraat het omdat die ander vriende ouer as hy was.

5. Maar toe Elihu sien dat die ander drie niks meer het om te sê nie, was hy kwaad en het hy begin praat.

6. Elihu het gesê: “Ek is jonk in vergelyking met julle; daarom was ek versigtig om sommer vir julle te vertel wat ek dink.

7. Ek het gedink dat ouer mense eerste moet praat, want hulle het meer kennis en ervaring van die lewe.

8. Maar die waarheid is dat dit God se Gees is wat ’n mens verstandig maak.

9. Ouer mense is nie noodwendig verstandig nie. En net omdat mense oud is, beteken dit ook nie noodwendig dat hulle weet wat reg is nie.

10. Daarom vra ek, luister na my. Ek wil graag vir julle sê wat ek dink.

11. “Ek het gewag dat julle julle sê moet sê. Ek het met aandag geluister na al die argumente wat julle gebruik het en julle gesoek na woorde.

12. Ek het mooi geluister, maar nie een van julle kon Job oortuig nie. Julle het ook nie antwoorde gehad vir al sy argumente nie.

13. Moet nou net nie met die argument by my kom dat die regte ding sal wees dat God hom moet oortuig nie.

Lees volledige hoofstuk Job 32