Ou Testament

Nuwe Testament

Job 31:5-18 Die Boodskap (DB)

5. “Het ek vir enigiemand gelieg of ooit iemand bedrieg?

6. Laat God my eerlik weeg en besluit of ek onskuldig is.

7. Partykeer raak mense die pad byster. Ander mense wil weer alles hê wat hulle sien. Nog ander doen goed wat nie reg is nie.

8. As ek soos hierdie mense is, mag iemand anders dan oes waar ek gesaai het. En mag die graan wat ek geplant het, uitgetrek word.

9. “As ek deur ’n vrou verlei is of as ek my buurman se vrou bitter graag wou hê,

10. laat my vrou dan vir ’n ander man kos maak. Of erger nog, laat ander mans by haar slaap.

11. As ek aan hierdie dinge skuldig is, is dit ’n skande. Dan moet ek gestraf word.

12. Dit is ’n vuur wat ’n mens verteer en jy eindig in die dood. Dit sal alles verwoes wat ek besit.

13. “Ek het nog altyd my werkers reg behandel. As hulle met ’n klagte of ’n probleem na my toe gekom het, het ek geluister.

14. Ek sou mos nie by God daarmee verby kon kom as ek dit nie gedoen het nie. Hoe sou ek myself by Hom kon verdedig as Hy my daaroor sou uitvra en ek skuldig was?

15. God het mos vir my en my werkers gemaak. Een en dieselfde God het ons almal gemaak.

16. “Was ek ooit onwillig om arm mense te help? Het ek ooit weduwees teleurgestel wat wou hê dat ek hulle moes help?

17. Sê my ’n bietjie, was ek ooit suinig met kos vir die honger weeskinders? Wou ek dit miskien nie met hulle deel nie?

18. Nee, glad nie! Vandat ek nog sommer baie jonk was, het weeskinders en weduwees my na aan die hart gelê. Ek het nog altyd vir hulle gesorg.

Lees volledige hoofstuk Job 31