Ou Testament

Nuwe Testament

Job 31:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Job het gesê: “Ek het ’n vaste besluit geneem om nooit na ’n meisie te kyk en haar te begeer nie.

2. Wat het God besluit moet ons kry? Wat is ons erfdeel van Hom?

3. Is dit nie ellende en mislukking vir mense wat nie reg doen nie, maar hulle met slegte dinge besig hou?

4. Hy weet presies wat ek doen en van elke tree wat ek gee.

5. “Het ek vir enigiemand gelieg of ooit iemand bedrieg?

6. Laat God my eerlik weeg en besluit of ek onskuldig is.

7. Partykeer raak mense die pad byster. Ander mense wil weer alles hê wat hulle sien. Nog ander doen goed wat nie reg is nie.

8. As ek soos hierdie mense is, mag iemand anders dan oes waar ek gesaai het. En mag die graan wat ek geplant het, uitgetrek word.

Lees volledige hoofstuk Job 31