Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:18-28 Die Boodskap (DB)

18. Koraal of kristal kan nie eers in dieselfde asem as wysheid genoem word nie. Dit is baie meer werd as pêrels.

19. Selfs nie topaas wat uit Etiopië kom, kan daarmee vergelyk word nie. Dit is onmoontlik om die waarde van wysheid met suiwer goud te probeer bepaal.

20. “Nou waar kom wysheid vandaan? Wat is die oorsprong van ‘verstaan’?

21. Dit is weggesteek vir die mense van die aarde. Hulle kan dit net nie sien nie. Dit is selfs vir die voëls in die lug weggesteek.

22. Ook die onderwêreld en die dood sê: ‘Ons het maar net ’n gerug daarvan gehoor.’

23. “Net God weet hoe ’n mens daarby kan uitkom en dit in die hande kan kry.

24. Want Hy kyk so ver as die einde van die aarde. Hy kan ook alles sien wat onder die hemel is.

25. Hy bepaal hoe sterk die wind sal waai. Hy sê ook presies hoe groot die see en riviere sal wees.

26. Hy maak reëls vir die reën en wys die pad vir die weerlig aan.

27. Toe Hy dit alles klaar gedoen het, het Hy wysheid raakgesien en gekyk wat sy werd is. Hy het wysheid deeglik ondersoek en haar toe goedgekeur.

28. Die Here het toe vir die mensdom gesê: ‘Om vir die Here ontsag te hê en Hom te respekteer is om regtig wys te wees. Om slegte goed uit te los is om regtig insig te hê.’”

Lees volledige hoofstuk Job 28