Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:18-30 Die Boodskap (DB)

18. Maar ek stem nie met hierdie slegte mense saam nie. Hulle het vergeet dat dit Hy is wat vir hulle al die goeie goed gegee het wat in hulle huise is.

19. “As die mense wat reg doen, sien dat die slegte mense ondergaan, is hulle baie bly. Hulle lag en spot hulle daaroor.

20. Hulle sê: ‘Ons vyande bestaan nie meer nie. Hulle besittings is deur vuur verbrand.’”

21. Elifas het vir Job gesê: “Gee nou bes en raak nou rustig. Eers dan sal dit beter met jou begin gaan.

22. Laat die Here jou leer en vat wat Hy sê, ernstig op.

23. Kry jou verhouding met die Here reg en Hy sal jou help om jou lewe weer op te bou. Raak ook ontslae van alles in jou huis wat nie reg is nie.

24. Laat jou goud in die stof verdwyn. Gooi jou fynste goud tussen die klippe in die rivierbedding in.

25. As jy dit doen, sal God, wat magtiger is as almal, jou goud en jou kosbare silwer wees.

26. “Dan sal jy bly kan wees omdat jy die Here ken. Jy sal weer gemaklik voel om God te aanbid.

27. As jy bid, sal Hy jou hoor en antwoord. Dan sal jy ook doen wat jy Hom beloof het jy sal doen.

28. Alles wat jy besluit om te doen sal jy regkry. Lig sal op jou pad skyn. Dit sal met jou goed gaan.

29. As mense verneder word, sal jy sê: ‘Hou moed!’ Die Here help mense wat nederig is.

30. Hy laat mense vrykom wat skuldig is. Jou onskuld sal maak dat hulle sal vrykom.”

Lees volledige hoofstuk Job 22