Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:14-24 Die Boodskap (DB)

14. Die digte wolke maak alles toe. Hy loop doer ver op die horison van die hemel rond. Dit is onmoontlik vir Hom om ons van daar af te kan sien.’”

15. Elifas het verder gevra: “Is jy steeds van plan om dieselfde verkeerde pad as die kwaaddoeners te loop?

16. Voordat dit eintlik hulle tyd was, is hulle uit die lewe weggeruk. ’n Rivier het hulle lewensfontein weggespoel.

17. Hulle het vir die Here gesê: ‘Los ons uit! Wat kan U nou eintlik vir ons doen?’

18. Maar ek stem nie met hierdie slegte mense saam nie. Hulle het vergeet dat dit Hy is wat vir hulle al die goeie goed gegee het wat in hulle huise is.

19. “As die mense wat reg doen, sien dat die slegte mense ondergaan, is hulle baie bly. Hulle lag en spot hulle daaroor.

20. Hulle sê: ‘Ons vyande bestaan nie meer nie. Hulle besittings is deur vuur verbrand.’”

21. Elifas het vir Job gesê: “Gee nou bes en raak nou rustig. Eers dan sal dit beter met jou begin gaan.

22. Laat die Here jou leer en vat wat Hy sê, ernstig op.

23. Kry jou verhouding met die Here reg en Hy sal jou help om jou lewe weer op te bou. Raak ook ontslae van alles in jou huis wat nie reg is nie.

24. Laat jou goud in die stof verdwyn. Gooi jou fynste goud tussen die klippe in die rivierbedding in.

Lees volledige hoofstuk Job 22