Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:29-34 Die Boodskap (DB)

29. Gaan vra gerus vir die mense wat al baie rondgereis het. Hulle sal vir julle die waarheid vertel.

30. As daar ’n ramp kom, word die slegte mense se lewens gespaar. Dit is nou maar net so. Hulle kom ook niks oor as God kwaad is en mense straf nie.

31. Niemand sê ook sommer reguit vir hulle dat hulle verkeerd gedoen het nie. Niemand betaal hulle ook terug vir wat hulle gedoen het nie.

32. As hulle na hulle graf gedra word, is daar ’n erewag opgestel.

33. Baie mense is deel van die begrafnisstoet. Party loop voor en ander mense loop weer agter. Selfs die grond ontvang hulle vriendelik.

34. Al julle troos is net mooi niks werd nie. Al julle argumente is ’n spul leuens!”

Lees volledige hoofstuk Job 21