Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:25-33 Die Boodskap (DB)

25. Ander, weer, gaan as verbitterde mense dood. Hulle het nooit iets van die lekker van die lewe geniet nie.

26. Die waarheid van die saak is dat albei hierdie soorte mense in die graf beland en deur wurms vernietig word.”

27. Job het vir sy vriende gesê: “Ek weet hoe julle dink. Ek weet ook watse argumente julle teen my gaan gebruik om my skade aan te doen.

28. Julle sal sê: ‘Wat het van die huise van die belangrike mense geword? Waar is die blyplekke van die slegte mense heen?’

29. Gaan vra gerus vir die mense wat al baie rondgereis het. Hulle sal vir julle die waarheid vertel.

30. As daar ’n ramp kom, word die slegte mense se lewens gespaar. Dit is nou maar net so. Hulle kom ook niks oor as God kwaad is en mense straf nie.

31. Niemand sê ook sommer reguit vir hulle dat hulle verkeerd gedoen het nie. Niemand betaal hulle ook terug vir wat hulle gedoen het nie.

32. As hulle na hulle graf gedra word, is daar ’n erewag opgestel.

33. Baie mense is deel van die begrafnisstoet. Party loop voor en ander mense loop weer agter. Selfs die grond ontvang hulle vriendelik.

Lees volledige hoofstuk Job 21