Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:2-8 Die Boodskap (DB)

2. “Luister asseblief baie mooi na wat ek sê. Dit sal al vir my ’n groot troos wees as julle net dit doen.

3. Wees geduldig met my en laat my klaar praat. Daarna kan julle maar aangaan en my koggel.

4. “Ek het ’n klag, maar my probleem lê nie by mense nie. Ek het ’n rede hoekom ek so ongeduldig is.

5. As julle na my kyk, sal julle geskok wees. Sit gerus maar julle hande op julle monde van verbasing.

6. As ek net dink aan wat ek nou moet deurmaak, sidder ek. My hele lyf gaan aan die bewe.

7. “Sê ’n bietjie vir my, hoekom bly slegte mense leef? Hulle word baie oud en kry net al hoe meer mag.

8. In hulle leeftyd sien hulle hoe hulle kinders grootword en koers in die lewe kry. Hulle sien ook hoe hulle kleinkinders opgroei.

Lees volledige hoofstuk Job 21