Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:11-17 Die Boodskap (DB)

11. Hulle kinders speel soos lammetjies en dans rond omdat hulle bly is.

12. Hulle sing op die maat van die tamboeryn en die harp. Hulle is opgewek en vermaak hulleself met fluitmusiek.

13. Hulle leef hulle hele lewe lank in weelde en gaan in vrede dood.

14. En dit terwyl hulle vir God sê: ‘Los ons uit, ons wil niks van U weet of met U te doen hê nie!’

15. Hulle vra: ‘Wie is hierdie God wat so danig magtig is dat ons Hom moet dien? Watse voordeel gaan ons daaruit trek as ons tot Hom bid?’

16. Hulle dink dat dit hulle eie prestasie is dat dit so goed met hulle gaan. Ek hou niks van hulle manier van dink nie.”

17. Job het nog verder gesê: “Die slegte mense het al hoeveel keer rampe oorleef. Hulle is selde in die moeilikheid of kry selde wat hulle verdien as God in sy woede straf uitdeel.

Lees volledige hoofstuk Job 21