Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Job het Sofar geantwoord en gesê:

2. “Luister asseblief baie mooi na wat ek sê. Dit sal al vir my ’n groot troos wees as julle net dit doen.

3. Wees geduldig met my en laat my klaar praat. Daarna kan julle maar aangaan en my koggel.

4. “Ek het ’n klag, maar my probleem lê nie by mense nie. Ek het ’n rede hoekom ek so ongeduldig is.

5. As julle na my kyk, sal julle geskok wees. Sit gerus maar julle hande op julle monde van verbasing.

6. As ek net dink aan wat ek nou moet deurmaak, sidder ek. My hele lyf gaan aan die bewe.

7. “Sê ’n bietjie vir my, hoekom bly slegte mense leef? Hulle word baie oud en kry net al hoe meer mag.

8. In hulle leeftyd sien hulle hoe hulle kinders grootword en koers in die lewe kry. Hulle sien ook hoe hulle kleinkinders opgroei.

9. Hulle leef baie veilig en rustig in hulle huise, want God straf hulle nie.

10. Hulle boer ook vooruit. Hulle vee teel goed aan. Hulle verloor ook nie kalwers by geboorte nie.

Lees volledige hoofstuk Job 21