Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:9-17 Die Boodskap (DB)

9. Mense het eers baie van my gedink en my met respek behandel. Maar die Here het dit van my af weggevat.

10. Waar Hy kon, het Hy my afgetakel. Dit is klaar met my! Alle hoop wat ek gehad het, het Hy doodgemaak.

11. Die Here is woedend kwaad vir my. Hy maak asof ek sy vyand is.

12. Die lyding wat ek deurmaak, is soos ’n oorlog teen my. Die Here stuur die probleme soos soldate teen my. Hulle grawe hulle in teen my en omsingel my.

13. “Die Here het my broers van my af weggedryf en my vriende vreemdelinge vir my gemaak.

14. My familie en bekendes het my in die steek gelaat en van my vergeet.

15. My huismense en my vroulike werkers maak of ek ’n vreemdeling is. Hulle maak of ek nie daar hoort nie.

16. Ek roep my werker, maar hy ignoreer my. Ek smeek, maar dit help nie.

17. My vrou kan my slegte asem nie uitstaan nie. My broers kan my nie verdra nie. Hulle walg hulle vir my.

Lees volledige hoofstuk Job 19