Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:17-29 Die Boodskap (DB)

17. My vrou kan my slegte asem nie uitstaan nie. My broers kan my nie verdra nie. Hulle walg hulle vir my.

18. Selfs klein kindertjies dink niks van my nie. As ek probeer opstaan, spot hulle met my.

19. My beste vriende kan my nie verdra nie. Selfs van die mense wat ek die meeste liefhet, het teen my gedraai.

20. Ek is nou net vel en been. Ek leef amper nie eers meer nie.”

21. Job het gepleit: “Julle is my vriende, wees net ’n bietjie geduldig met my. Moenie kras met my werk nie. Die Here het my hard geslaan.

22. Hoekom vervolg julle my nou net soos God maak? Waarom los julle my nie liewer uit nie?

23. “Ag, hoe wens ek dat alles wat ek sê in ’n boek opgeskryf kan word.

24. Ek wens dat my woorde met ’n ysterbeitel in klip uitgekap en met lood opgevul kan word.”

25. Job het gesê: “Ek weet dat Hy wat my kan verlos, lewe. Uiteindelik sal Hy op die aarde kom staan.

26. Selfs al is my liggaam besig om agteruit te gaan, weet ek dat ek eendag die Here sal sien.

27. Ek sal Hom self sien, niemand anders nie. Ek sal Hom met my eie oë sien. Die gedagte daaraan is amper te veel vir my om te hanteer. Dit oorweldig my!

28. “Hoe durf julle my vervolg en sê dat die oorsaak van die probleem by my lê?

29. Miskien moet julle ’n bietjie versigtig wees met julle houding; God kan julle dalk ook met die dood straf. As dit gebeur, sal julle weet daar is ’n oordeel en straf!”

Lees volledige hoofstuk Job 19