Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Job het gereageer op wat Bildad gesê het. Hy het gesê:

2. “Hoe lank sal julle my nog pynig en uitmekaarskeur met julle praatjies?

3. Dit is al die soveelste keer dat julle my beledig. Julle behoort julle te skaam dat julle my so sleg behandel.

4. En al het ek verkeerd gedoen, bly dit nog steeds my probleem.

5. Julle dink julle is beter as ek. Julle redeneer dat die toestand waarin ek is, dit bewys.

6. Maar dit is God wat my nie reg behandel nie. Dit is Hy wat my in hierdie omstandighede vasgevang hou.

7. “Ek roep dat iemand my moet kom help, maar niemand hoor my nie. Ek kla en protesteer, maar niemand help my nie. Ek word nie regverdig behandel nie.

8. Die Here het my pad toegestop sodat ek nie kan aangaan nie. Hy maak die pad vorentoe vir my donker.

9. Mense het eers baie van my gedink en my met respek behandel. Maar die Here het dit van my af weggevat.

10. Waar Hy kon, het Hy my afgetakel. Dit is klaar met my! Alle hoop wat ek gehad het, het Hy doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk Job 19